Beroep op werksgeleenthede vir San-gemeenskappe

Die raadslid van die Guinas-kiesafdeling in die Oshikoto-streek, Elias Marthinus, het ‘n beroep op die regering gedoen om die gemarginaliseerde San-gemeenskappe te bemagtig deur vir hulle werk in die regering aan te bied wanneer vakatures beskikbaar word. Die raadslid het verder gesê die meeste van die jongmense voel minderwaardig wanneer hulle na skole in dorpe gaan, daarom verkies hulle om naby hul eie mense te wees.