Prins William is vandag 40 jaar oud 

Prins William van Brittanje vier vandag sy 40ste verjaardag en die koninklike familie het verskeie foto’s van sy mylpale gedeel om die geleentheid te vier. Dit sluit een van hom as ‘n pasgebore baba in sy ma, Diana, se arms in, nadat hy aan die universiteit gegradueer het, by ‘n militêre parade, terwyl hy glimlag as sy ouma, koningin Elizabeth, die peleton inspekteur, en van hom as reddingsvlieënier wat saam met die koningin voor ‘n militêre helikopter staan. William se gesinsfoto met sy kinders, wat op Vadersdag gedeel is, vorm ook deel van die versameling.