Sub-Sahara Afrika was Vigs-brandpunt

Covid oorheers die nuus vir amper 18 maande maar, voor die pandemie was daar MIV en Vigs. Vandag is dit 40 jaar sedert MIV/vigs amptelik erken is as ‘n nuwe siekte. Vyf mans is in Los Angeles in Amerika behandel en twee is oorlede. In die afgelope 40 jaar is 32 miljoen mense aan Vigs dood. In Namibië is 8,3 persent van die bevolking as MIV-positief bevestig in 2020 en daar was 3 052 sterfgevalle in dieselfde jaar. Vroue bo die ouderdom van 25 jaar maak die meerderheid van nuwe gevalle plaaslik uit. Richard Kamwi, die voormalige Namibiese minister van gesondheid, het met Kosmos 94.1 gepraat en sê hy onthou hoe die streek as brandpunt van die virus in die wêreld beskryf is.