F1: suip Lewis aan die agterspeen vandag?

Sergio Perez van Red Bull het die vinnigste tyd aangeteken in die Azerbeidjan Grand Prix se tweede oefensessie, met die Formule Een-voorloper Max Verstappen, kort op sy hakke. Mercedes se sewe-malige wêreldkampioen Lewis Hamilton is na vyf wedrenne Verstappen se naaste mededinger en was 11de in die oefensessie. Sy Finse spanmaat Valtteri Bottas, wat die Azerbeidjan Grand Prix in 2019 gewen het, was 16de. Die wedren in Baku is verlede jaar weens die Covid-19-pandemie nie aangebied nie en vind môre sonder toeskouers plaas.