Hallo winter, hallo Oosweer!

Motoriste aan die kus word gemaan om versigtig te bestuur as gevolg van erge Oosweer toestande. Inwoners meen die hoë temperature wat gepaardgaan met tradisionele Oosweer is nie teenwoordig nie maar die wind is baie sterk en sigbaarheid, as gevolg van die sand, is baie swak. In die binneland waai die wind ook sterk in ‘n oostelike rigting. Weerkenners meen hoe kouer die winterseisoen in die binneland is, hoe meer Oosweer kom voor by die kus. Die voorspelling vir die volgende twee maande is baie koue toestande regoor die land.