Styging in rys-pryse in SA verwag

Die landbou-ekonoom  van die Nasionale Landboubemarkingsraad in die buurland, Thabile Nkunjana, voorsien in die volgende paar maande ‘n styging in die prys van rys in Suid-Afrika. Dit volg op Indië se aankondiging dat hy die uitvoer van gebreekte rys verbied en ook sy tarief op die uitvoer van wit- en bruinrys met 20 persent verhoog. Nkunjana sê die onsekerheid in die wêreldmark vir graan kan ‘n uitwerking hê, aangesien Indië se verbod waarskynlik die prys van rys vanaf Thailand en ander rys-uitvoerders sal opstoot.