Nored verhoog kragtariewe met 7,6%

Die Noordelike elektrisiteitsverskaffer, Nored, het sy elektrisiteitstarief vir die boekjaar 2022/23 met 7,6 persent verhoog. Nored se woordvoerder, Simon Lukas, sê die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n gemiddelde tariefverhoging van 7,6 persent vanaf 1 September 2022 tot 30 Junie 2023 goedgekeur. Lukas verduidelik dat die verhoging hoofsaaklik te wyte is aan die gemiddelde verhoging in die grootmaat elektrisiteitstarief wat effektief is vanaf 1 Julie 2022. Lukas sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Nored bewus is van die huidige ekonomiese situasie en die impak van elektrisiteitskoste op hul kliënte.