Brasilië keur Covid-entstof vir kinders goed

Die Brasiliaanse nasionale gesondheidsreguleerder, Anvisa, het Pfizer en BioNTech se Covid-entstof vir kinders tussen ses maande en vier jaar goedgekeur. Die jongste statistieke deur Our World in Data wys Brasilië se inentingsyfers is van die hoogste ter wêreld, met bykans 90 persent van die bevolking wat minstens een dosis ontvang het. Volgens die regeringsinstansie verbreed die stap die beskikbaarheid van die entstof.