Stuur nou jou aansoek vir kwalifikasie-evaluering

Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid sê hy neem kennis van versoeke vir evaluasies van kwalifikasies. Meeste werkgewers dring aan op ‘n brief van die owerheid dat die aansoeker se kwalifikasies goedgekeur is. Die owerheid se woordvoerder Absalom Absalom vra aansoekers om onmiddellik aansoek te doen. Dit kan ook aanlyn gedoen word en is gratis.