Gemeenskapswoudfasiliteite van N$22 miljoen ingewy

Die omgewingsministerie in samewerking met die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, het 11 gemeenskapswoud-fasiliteite in die streke van Kavango-Oos, Zambezi, Kavango-Wes en Otjozondjupa, ingewy. Minister Pohamba Shifeta sê die fasiliteite ter waarde van 22 miljoen Namibiese dollar bestaan uit kantore, stoorkamers en handwerkstalletjies. Namibië se woude en savannas beslaan sowat 22,8 miljoen hektaar waarvan 8,7 miljoen hektaar as 43 gemeenskapswoude verklaar is. Meer as  65 persent van die Namibiese bevolking is afhanklik van woudhulpbronne vir hul oorlewing.  


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *