Studie toon SOI’s en MIV is verbind

Openbare gesondheidspesialiste en MIV-kundiges van Wits Universiteit en die Universiteit van Kaapstad het ‘n nuwe studie uitgevoer wat aandui MIV en seksueel oordraagbare infeksies, bekend as SOI, moet omvattend behandel word. Dit volg nadat die jongste bevindings aangedui het byna een sesde van MIV-besmettings tussen SOI-pasiënte is nuwe besmettings. Kenners sê die onlangse MIV-besmetting is onafhanklik gekoppel aan akute genitale ulserasie in vergelyking met individue wat MIV-negatief is. Navorsers stel voor mediese manlike besnydenis, inspuitbare antiretrovirale middels, voor-blootstelling profilakse, MIV-toetsing en berading moet uitgebrei word tussen mense wat behandeling vir SOI’s ontvang.