Britte moet Oekraïne verlaat, asb

Die Britse minister van Buitelandse Sake, Liz Truss, sê Britse burgers in Oekraïne moet dadelik die land verlaat terwyl daar nog handelsroetes beskikbaar is. Truss is van mening dat Rusland Oekraïne enige oomblik kan binneval. Daar is tans ‘n beraamde 120 000 Russiese soldate op die Oekraïnse grens en intelligensie-beamptes in Amerika glo Rusland het sy planne vir ‘n inval bespoedig. Truss sê hulle gaan alles moontlik doen om ‘n inval af te weer, maar maak gereed vir die ergste:

Intussen het Rusland se ambassadeur by die Europese Unie, Vladimir Chizhov, gesê hulle sal nie Oekraïne binneval nie, tensy hulle uitgelok word om dit te doen. Moskou gaan voort om te ontken hy het planne om Oekraïne binne te val.