Studie toon goudvissies is slim, en kan onthou

Die siening dat goudvisse ‘n swak geheue het is net so ‘n groot mite soos die Verlore Stad van Atlantis. Daar word berig navorsers bewys reeds vir dekades dat goudvisse ‘n goeie geheue het en onder die oseaan se slimmer visse is. Die Universiteit van Oxford het nou ook ‘n skool goudvisse geleer om afstand te meet. Volgens ‘n kundige in vis-intelligensie aan die Macquarie-universiteit in Australië, Culum Brown, het die mite ontstaan omdat troeteldier-eienaars goudvisse in glasbakke sit met niks om hulle besig te hou nie.