SA se Landbank gee weer lenings

Die Landbank in Suid-Afrika het weer begin om aan sy kliënte geld te leen. Die bank het ‘n gemengde finansieringskema herbekendgestel om 1,95 miljard Suid-Afrikaanse rand in die landbousektor in te stoot. Die projek beoog om opkomende boere oor die volgende drie jaar in handelsboere te omskep. Die bank se uitvoerende bestuurder vir Strategie en Kommunikasie, Sydney Soundy, sê hy het volle vertroue in die bank se omkeerstrategie: