Simonis Storm sê daar was verrassings in die begroting

Simonis Storm sê in reaksie op die middeltermyn begroting dit is positief om kennis te neem van die verbetering in inkomste-invorderings en meen dit sal waarskynlik in 2023 voortduur. In verband met uitgawes sê die makelaarsfirma dat daar ‘n toename in besteding voorkom gegewe dat dit nader aan ‘n verkiesingsjaar is. Kredietgraderingsagentskappe sal egter waarskynlik die regering straf as fiskale konsolidasie nie geprioritiseer word te midde van verbeterde inkomste-invordering in 2023 nie. Theo Klein ekonoom by die firma sê daar was ‘n paar verrassings.

En hy verwelkom befondsing vir die sensus wat vanjaar uitgestel is.