Studente bekom nuttelose kwalifikasies

Daar word berig dat die Namibiese Kwalifikasie Owerheid sy kommer uitgespreek het oor 341 studente wat oor die afgelope 2 jaar kwalifikasies bekom het wat nie geakkrediteer is nie. Catherine Shipushu, Woordvoerder van die owerheid sê daar is meer as 15 000 kursusse plaaslik beskikbaar wat nie geakkrediteer is nie. Studente spandeer duisende doller om kursusse te voltooi wat geen herkenning in die land het nie. In een geval word daar berig dat die Namibiese Studente Hulpfonds die studies van ‘n plaaslike student by die Limkokwing Universiteit in Botswana betaal het. Haar kwalifikasie word nie in Namibië erken nie en dus kan sy nie ‘n werk bekom en haar studiegeld terugbetaal nie.