RCC uitgesit uit kantore, N$6,1m skuld in huurgeld

Die Namibiese Pos en Telekommunikasie Maatskappyhet die Padkontrakteursmaatskappy, bekend as die RCC, van sy perseel in die suidelike industriële gebied uitgesit. Die geskil duur sedert vroeg in Maart vanjaar. Die gebou word deur die maatskappy besit nadat die Kabinet dit moes oordra om ‘n aansoek deur Bank Windhoek vir ‘n uitwinningslasbrief vir die gebou, as gevolg van skuld, moes keer. Die RCC gaan al ‘n geruime tyd gebuk onder skuld en Bank Windhoek het in 2019 ‘n aansoek gebring vir onbetaalde skuld van 101 miljoen Namibiese doller. Die Hoof Uitvoerende Beampte van die telekommunikasie maatskappy Kristofine Itembu het in Maart aan nuusagentskappe bevestig dat die kontrakteursmaatskappy hulle 6,1 miljoen doller in uitstaande huur skuld. Die maatskappy het ‘n uitsettingsbevel van die Windhoek Landdroshof bekom.