Strydom loop voor vandag in Sun City

Ockie Strydom van Suid-Afrika is die voorloper wanneer die tweede ronde van die Blue Label-uitdaagreeks vandag by Sun City begin. Hy het ‘n telling van sewe onder baansyfer 65 behaal met agt voëltjies en slegs een hou bo baansyfer vir ‘n totaal van 15 punte. Die 36-jarige speler is slegs een punt voor sy landgenoot Ruan Korb, terwyl Jayden Schaper en Rhys Enoch van Wallis elk ook ‘n telling van ses houe onder baansyfer behaal het, maar met 13 punte geëindig het. Strydom sê het hy geleer hoe om geestelik sterk te bly: