Partye in koalisies moet ophou baklei en dienste lewer

Koalisies en samewerking onder politieke partye slaag nie altyd in Afrika nie. Een voorbeeld hiervan vind in Windhoek plaas waar opposisiepartye koalisies in die stadsraad gevorm het. Elke nou en dan is daar kwessies tussen die partye en dan ly dienslewering aan inwoners daaronder. Politieke analis, dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dis ‘n teleurstelling vir die publiek wat vir hulle gestem het.