Kaapse aasvoëls kan nou agtervolg word

Nege bedreigde Kaapse aasvoël-kuikens by Potberg in die De Hoop-natuurreservaat in die Wes-Kaap is suksesvol met satelliet-opsporingsapparate toegerus as deel van ‘n navorsingsprojek om die voëls se eetgewoontes te bestudeer. ‘n Woordvoerder vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, James-Brent Styan, sê CapeNature het hulp aan Vulpro verleen wat op die voorpunt is van aasvoël-rehabilitasie en navorsing, en wat die toestelle met welslae aan die aasvoëls geheg het: