Stropery: Het SA se sindikate hier ingetrek?

Die organisasie sonder winsbejag, Help Our Rhinos Now, is bekommerd oor die toename in die getal renosters wat in Namibië gestroop word. Die regering se statistiek dui daarop dat 74 renosters die afgelope 12 maande gestroop is, vergeleke met net 16 in die eerste agt maande van 2021. Die organisasie se voorsitter, Jaco Muller, sê die regering en omgewingsorganisasies vermoed internasionale sindikate verskuif hulle fokus vanaf Suid-Afrika. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê die aanvraag vir renosterhorings is hoog.