Enoch is in die knyp

Business Leadership South Africa sê die finansminister, Enoch Godongwana, sal volgende maand in sy mediumtermyn-begrotingsverklaring ‘n fyn balans moet vind vir ‘n doeltreffende begroting wat twee dinge sal moet doen. Die eerste is om die regering suksesvol te laat werk en dienste aan inwoners te bied, en die ander om ‘n aanvaarbare belastingbeleid daar te stel. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, sê die minister is in die knyp omdat hy sy begroting ook met ten minste 45-miljard-rand sal moet rek om tot aan die einde van 2024 met die Maatskaplike Noodverligtingtoelaag te kan volhou.