Stropery, mens-dier konflik vandeesweek onder die loep

Die Geïntegreerde Wildlewe Beskermingsprojek in die direktoraat van wildlewe en nasionale park in die omgewingsministerie, hou die komende week konsultasies met gemeenskappe rakende stropery en mens-dier konflik rondom beskermde gebiede. Die kwessies is ‘n baie groot uitdaging nie net vir bewaring sukses nie, maar ook vir die welstand van die gemeenskappe wat om die gebiede woon. ‘n Span uit Windhoek vertrek môre om met gemeenskappe in die twee Kavango-streke, sowel as Zambezi, te vergader. Tradisionele owerhede van die bewaringsgebiede in die drie streke is saam met die gebiede se bestuurskomitees uitgenooi om die konsultasies en gesprekke mee te maak. Wildbewaarders moet ook genomineer word. Die span sal die hele week in die gebied wees en sal daarna konsultasies in Kunene hou.