Leeus en Stormers draf die naweek in VRK uit

Die Leeus en die Stormers is die eerste Suid-Afrikaanse spanne wat hierdie naweek in die sewende ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap speel. Die Leeus speel vanmiddag om vier-uur teen die Stormers op Ellispark. Albei spanne glo hulle kan wen nadat hulle in die vorige ronde verloor het. Die Bulle verwelkom die Haaie môremiddag op Loftus in ʼn herhaling van een van verlede seisoen se vier kwarteindstryde. Die Bulle gaan in pienk speel ten bate van hulle bewusmakingsveldtog vir borskanker.