Strokiesprent-hulde aan Olivia Newton-John

Die lewe van Olivia Newton-John, veral bekend vir haar hoofrol in die treffer-rolprent “Grease,” word herdenk in ‘n nuwe huldeblyk-strokiesprent deur TidalWave Comics. Die glansboekie van 36 bladsye word op 21 September vrygestel, vyf dae voor Newton-John haar 74ste verjaardag sou vier. Newton-John is in 1948 in Cambridge, Engeland, gebore en het vier Grammy-toekennings en talle Amerikaanse Musiek-toekennings gewen. Uitgewer Darren Davis sê dit is ‘n eer om saam met Newton-John aan die strokiesprent te gewerk voor haar heengaan op 8 Augustus, en haar insig en eksklusiewe inligting te kry wat in die uitgawe gebruik is.