LPM wil dagvaar oor uraanontginning

Die Landless People’s Movement sê hy sal regsaksie teen Headsprings Investments, wat namens die Russiese Uranium One uraan in die Stampriet-bekken wil ontgin, neem. Die party se Joyce Muzengua sê daar is vrae oor die hoeveelheid eksplorasie-lisensies wat die maatskappy gegee is, sowel as hoekom die regering dit toelaat wanneer hy reeds ‘n geruime tyd aangeraai is om nie in die gebied mynbedrywighede toe te laat nie.