Sluiting van strande rondom Durban verwelkom

ActionSA in KwaZulu-Natal het die sluiting van strande in Durban verwelkom, weens kommer oor die gehalte van die seewater. Die party het sy kommer uitgespreek oor die eThekwini Munisipaliteit se gehaltebeheer rondom die toetsing van E.coli-vlakke, waarvan die uitslae in skrille kontras was met dié wat ‘n onafhanklike laboratorium uitgevoer het. Alan Beesley van ActionSA sê die munisipaliteit het onlangs E.coli-vlakke van effens onder aanvaarbare vlakke aangeteken, maar ‘n onafhanklike laboratorium het ‘n dag later E.coli-vlakke van vyf keer hoër as kritieke vlakke getoon: