Tennis: Casper Ruud is deur na eindronde van Amerikaanse Ope

Tennis: Casper Ruud is deur na sy tweede Grand Slam-eindronde van die jaar ná sy oorwinnning van 7-6, 6-2, 5-7, 6-2 teen die Russies-Armeense speler Karen Khachanov in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope. Die Noorweër, wat vroeër vanjaar deur Rafael Nadal in die eindronde van die Franse Ope uitgeskakel is, pak die wenner van die wedstryd tussen Carlos Alcaraz van Spanje of  die Amerikaner Frances Tiafoe. Ruud sal Nadal nou definitief verbysteek om bo aan die punteleer te wees, behalwe as die 19-jarige Alcaraz die titel inpalm.