Dippenaar se moordverhoor hervat weer vandag

Jandré Dippenaar se verhoor op ses klagte van moord, het vandag hervat in die Swakopmund-streekshof. Die saak is verlede jaar November tot vandag toe uitgestel en is vir twee weke neergelê. Daar is ook twee weke in Oktober voorlopig uitgesit vir die saak. Die saak spruit uit die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai waar ses mense dood is. Buiten die moordklagte staan Dippenaar ook tereg op klagte van roekelose en nalatige bestuur, bedrog, en die bestuur van ‘n voertuig sonder ‘n bestuurslisensie. Hy word deur die senior advokaat Louis Botes verteenwoordig.