Strauss onbestrede herverkies as president van Blou Bulle

Willem Strauss is onbestrede herverkies as die president van die Blou Bulle. Bekend as ‘mnr pres’, word Strauss beskryf as die katalisator vir die prestasie en groei in al die fasette van rugby by Loftus. Strauss sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sy herverkiesing vir die volgende vier jaar ‘n teken van eenheid by die Bulle is.