Osona Village kry verligting van kragonderbrekings

Inwoners van Osona Village, net buite Okahandja, behoort verligting te kry met die opgradering van die ontwikkeling se tranformator se kapasiteit deur die ministerie van myne en energie. Daar was onlangs, veral in die winter, klagtes deur inwoners van die ontwikkeling, van gereelde kragondebrekings. Die kapasiteit van die transformator is verdubbel van een megavolt-ampère tot twee. Die ontwikkeling, wat baie bekostigbaar is, brei uiters vinnig uit en nog 500 huise word op die oomblik gebou om in ses maande voltooi te word. Intussen het Environmental Compliance Consultancy ook aangekondig dat hy aansoek doen vir die omgewingsklaring-sertifikaat vir ‘n 36-megawatt sonkrag-aanleg by Osona. Die maatskappy sê die sonkrag-aanleg sal aan NamPower substasie gekoppel word.