Strategie vir informele sektor word ontwikkel 

Die arbeidsministerie ontwikkel tans ‘n informele ekonomiese beleid wat daarop gemik is om Namibië se informele ekonomie as ‘n sleutelpilaar van die nasionale ontwikkelingstrategie daar te stel. Volgens Shikongeni Ntinda, hoofekonoom by die ministerie sal die beleid poog om uitdagings aan te spreek wat die informele ekonomie in die gesig staar, insluitend infrastruktuur, besigheidsontwikkeling en institusionele ondersteuning. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê 57,7 persent van die land se arbeidsmag werk in die informele sektor wat dit uiters belangrik maak vir die land se ekonomie. Ntinda sê daar behoort ‘n breër diskoers oor industrialisasie, strukturele verandering en langtermyn-veerkragtigheid vir die informele ekonomie te wees, en daarom sal die beleid ‘n oorbruggingsinstrument tussen informele en formele ekonomieë wees.