Strafregtelike saak teen Jagersfontein Ontwikkelings geopen

Die adjunkminister van water en sanitasie in die buurland, David Mahlobo, het vandag ‘n strafregtelike saak teen Jagersfontein Ontwikkelings geopen ná die noodlottige ineenstorting van ‘n myndam in die Vrystaat. Die departement sê in ‘n verklaring die saak hou verband met oortredings van die Nasionale Waterwet. Een persoon is dood toe die damwal in September ineengestort het. Volgens die departement het die voorval die omgewing en waterbronne besoedel, wat mense se lewensbestaan bedreig. Jagersfontein Ontwikkelings sê die afvalwater was nie gevaarlik nie.