Ouma-renoster leer weeskalfie oor die natuur

Die Rhino Momma-projek is hartseer oor die dood van die weesrenosterkalfie Lilly. Dit gaan moeilik wees vir die ander weesrenosterkalfie, Venasha, wat saam met Lilly was sedert die dag wat sy by die reservaat aangekom het. Voor Lilly se dood, is die twee wesies aan Nanna, die ‘ouma’-renoster van die projek, voorgestel. Nanna is die oudste koei op die reservaat – sy is reeds in haar 40’s, wat baie oud is vir ‘n renoster. Die doel en hoop is dat Venasha en Nanna geheg aan mekaar sal raak, sodat Venasha stadigaan meer tyd saam met haar bestee, en begin leer hoe dit is om ‘n renoster in die natuur te wees. Jaco Muller van die Rhino Momma-projek deel hul hartseer met Kosmos 94.1 Nuus.