Strafhof sal nie Nchindo-moorde ondersoek nie

Die internasionale strafhof het ‘n versoek deur die Caprivi Concerned Group dat daar ondersoek ingestel word na die dood van die vier lede van die Nchindo-familie op 5 November 2020, van die hand gewys. Die drie broers en hul neef is deur lede van die Botswana-weermag doodgeskiet terwyl hulle vis gevang het in die Chobe-rivier. Die groep het die hof gevra om President Mokgweetsi Masisi en sy weermaghoof Placid Segokgo aan te kla van buitegeregtelike moord. Die hof sê die kwessie val nie onder sy jurisdiksie nie en dus, kan die ondersoek nie gelas word nie.