Hersiening van volksmoord-ooreenkoms is nie goeie nuus nie – Ovaherero

Die stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid Itamunua Meroro sê daar is geen goeie nuus oor die hersiening van die volksmoord-ooreenkoms met Duitsland nie. Die adjunk Namibiese president Nangolo Mbumba sê die regering sal weer met hul Duitse eweknieë ontmoet om die 18 miljard Namibiese dollar se reparasie-betaling te hersien omdat nie alle gemeenskappe gelukkig is met die onderhandelings nie. Meroro sê dit het nie oor die geld gegaan nie. Hy verduidelik.