Overberg se polisie-woefs maak amok onder kriminele in Gansbaai

Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die Overstrand honde-eenheid en sy ses honde gelukgewens met die inhegtenisneming van verskeie verdagtes tydens afsonderlike operasies. Die eenheid het die polisie bygestaan met dwelmsoektogte by huise in Gansbaai wat tot ‘n inhegtenisneming by elke huis gelei het. Twee ander verdagtes is ook in hegtenis geneem ná die ontdekking van perlemoen met ‘n geraamde straatwaarde van 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Allen sê die spanne moet voortgaan om misdaad hok te slaan: