Strafhof moet tribunaal saamstel om Putin te vervolg

Oekraïne se President Volodymyr Zelensky vra dat ‘n oorlogstribunaal aangestel word om Rusland vir beweerde oorlogsmisdade aanspreeklik te hou. Hy het aan Den Haag gesê die Russiese President Vladimir Putin moet tot verantwoording geroep word vir die oorlog in Oekraïne. Die Internasionale Strafhof het in Maart ‘n lasbrief uitgereik vir Putin se inhegtenisneming weens die vermeende deportasie van kinders uit Kiëf, wat as oorlogsmisdaad beskou word. Zelensky sê hy is vol vertroue sy land sal die oorlog teen Moskou wen:

Hy sê ‘n tribunaal sal verhoed dat die misdade weer voorkom.