Straatkinders: probleem moet anders na gekyk word

Die Namibiese ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn het groot uitdagings met die sogenaamde straatkinders. Hulle was onlangs weer van die strate van die hoofstad verwyder maar, hulle is weer terug. Die minister, Doreen Sioka het ook melding gemaak van die feit dat die kinders nie in tehuise wil wees nie en dat hulle herhaaldelik ontsnap. Die ombudsman John Walters sê daar moet ‘n beter oplossing wees as om net te weier om die bedelende kinders by te staan.