Seniors op toer na Namibië sterf van Covid

Ses lede van ‘n groep van 40 senior burgers uit Suid-Afrika wat op ‘n bustoer van 12 dae na Namibië gereis het, is aan Covid-19 dood. Twee het in Suid-Afrika gesterf en vier in Windhoek. Slegs drie lede van die groep het negatief getoets. Media in Suid-Afrika berig dat Savanna Toere se eienaar en die toerleier, Danie Blom, in Johannesburg dood is. Die groep het Kaapstad op 10 Mei verlaat en sou op die 21ste terugkeer.