Storting van eiers uit Zambië dryf produsente op hul knieë

Eierprodusente sit met hul hande in hul hare met goedkoop invoere wat vanaf Zambië inkom en plaaslike verkoper kelder. Produksiekoste in die buurland is baie goedkoper as plaaslik en daar is geen maatreëls wat die invoere beperk of verhoed nie. Plaaslike produsente het net een opsie en dit is om deur die SACU-liggaam ‘n klag van storting te maak, wat jare sal vat om te ondersoek. James Roux van Osona Eggs by Okahandja sit op die oomblik met 1 509 bokse voorraad.

Die grens was onlangs gesluit maar, die besluit is omgekeer en die uitdagings duur voort. Roux sê hulle sukkel met owerhede en poog dat eiers, saam met melk, beskerming deur die Vleisraad se bestaande raamwerk kan kry.