Riruako sê Von Francois-standbeeld moet bly

Die standbeeld van Curt von François is in die nuus na ‘n Stad Windhoek-raadsvergadering nege teen, en vyf ten gunste, gestem vir die verwydering daarvan. Hy word as die stigter van Windhoek vereer maar kritici sê dit is ‘n simbool van koloniale onderdrukking en dat Jan Jonker Afrikaner in werklikheid Windhoek gestig het. Kosmos 94.1 News het met dr. Hoze Riruako, ‘n politieke ontleder, gesels oor sy mening in die verband en hy sê geskiedenis kan nie weggevee word nie.