Stort in Oos-Kaapse burgemeester se kantoor ontlok reaksie

Die UDM in die Oos-Kaap sê belastingbetalers se geld is aangewend vir die oprigting van ʼn stort in die kantoor van die burgemeester van die Mbashe Plaaslike Munisipaliteit, Samkelo Janda. Die munisipaliteit ervaar ʼn ernstige droogte en volgens die UDM is versagtende maatreëls vaag en bestaan bykans nie. ʼn Woordvoerder, Usivile Mbonelo, sê die administrasie behoort elke sent te bespaar en te fokus op belangrike uitdagings met dienslewering: