LIV-gholf vind in sewe lande plaas

Gholf: LIV-gholf se uitvoerende hoof, Greg Norman, sê verlede jaar het van die wêreld se voorste kompetisies wat op buitengewone gholfbane aangebied is, bygedra om die grondslag te lê vir gholf se toekoms. LIV-gholf, wat deur Saoedi-Arabië se openbare-beleggingsfonds gefinansier word, het vir sy 2023-seisoen 14 toernooie aangekondig. Dit sal in sewe lande plaasvind en prysgeld van meer as sewe miljard Namibiese dollar is op die spel. Alle toernooie is geskeduleer om nie te bots met die Majors en die Ryder-beker nie. Norman sê die program sluit asemrowende plekke en gholfbane in.