Storms tref Wes-Kaap

‘n Waarskuwing is uitgereik vir storms wat die Wes-Kaap in Suid-Afrika gaan tref. Die storms word vir vanmiddag en later vanaand voorspel. Reënval van tot 45 mm word in die Overberg, Kaapse wynlande en Tuinroete verwag. Struisbaai loop reeds onder reën, hael en oorstromings deur. Munisipaliteite is op ‘n gereedheidsgrondslag en inwoners van die Wes-Kaap kan in ‘n noodgeval 112 skakel. James Brent Styan waarsku.