Afwesige vaders ‘n groot uitdaging in Namibië

In Namibië en baie ander lande is daar al hoe meer afwesige vaders wat ‘n groot juk op enkelmoeders plaas om alleen na hul kinders om te sien. Die term afwesige vader verwys na pa’s wat onderhoud betaal, maar fisiek afwesig is van ‘n kind se huis. Volgens Veronica Theron, die Tegniese Adviseur van die Kantoor van die Eerste Dame, is baie vaders nie deur vaders grootgemaak nie, maar as enkelkinders deur hul oumas en ma’s. Sy sê in Namibië is ‘n wanpersepsie oor vaderskap dat ‘n pa slegs ‘n voorsiener is en nie geleer is hoe om kinders groot te maak. Sy sê seuns moet grootgemaak word om eerstens mans te wees, dan regte vaders. Veronica Theron verduidelik.