Ontploffing by Denel ondersoek in openbare verhoor

‘n Gewese operateur by die Suid-Afrikaanse Rheinmetall Denel-ammunisie-aanleg in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, sê die aanleg het op die dag van die dodelike ontploffing sy beperking op plofstowwe oorskry. Fernando Jacobs is een van ‘n aantal getuies wat by ‘n openbare verhoor vrae beantwoord oor die ontploffing in 2018 waarin agt mense dood is. Die ondersoek word deur die Departement van Arbeid gelei ná druk van die slagoffers se families.