Stormloop vir sonkrag kom 

Business Leadership South Africa sê beleidsfoute mag nie die land se dringende pogings om die eletrisiteitkrisis op te los, laat struikel nie. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Busi Mavuso, sê baie lande versnel hul oorgangsplanne om meer hernubare energie vinniger in werking te stel. Sy sê dit beteken daar is ‘n wêreldwye stormloop na onderdele vir die opwek van sonkrag en windenergie, wat druk plaas op die globale voorsiening en kapasiteit, net wanneer Suid-Afrika ‘n aggressiewe toename in sy eie bouplanne het.