Hain vra Biden om Bain and Company te boikot 

Die voormalige Britse politikus, Peter Hain, doen ‘n beroep op Amerika se President Joe Biden om die Verenigde Koninkryk se voorbeeld te volg en in die toekoms geen regeringskontrakte aan die globale bestuurskonsultasiemaatskappy, Bain and Company, toe te ken nie. Die staatskapingskommissie het bevind die maatskappy het met oudpresident Jacob Zuma en die gewese hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Tom Moyane, saamgewerk om die agentskap te kaap. Hain sê in ‘n brief Biden moet ‘n duidelike presedent stel dat internasionale Amerikaanse maatskappye wat met korrupte politici en hulle sake-trawante in ander lande saamsweer, nie geduld sal word nie.