Stormers sonder Zas en Nel in VRK

Rugby: Die verdedigende kampioen, die Stormers, begin hulle seisoen in die Verenigde Rugbykampioenskap sonder die dienste van die beseerde vleuel Leolin Zas en buitesenter Ruhan Nel. Die goeie nuus is egter dat die Springbok Sewes-ster, Angelo Davids, fiks en gereed is vir aksie wanneer hulle Saterdag hul eerste wedstryd teen Connacht in Stellenbosch speel. Die agterlyn- en aanvalsafrigter, Dawie Snyman, sê hulle sien daarna uit om in Stellenbosch te speel.